Baba Geloofsvorming

Hierdie inisiatief onderstreep weer die feit dat geloofsvorming primer in die huishouding plaasvind en die kerk gesinne en families ondersteun in hierdie verantwoordelikheid.  

Baba geloofsvorming is n bediening wat die moederskamer ondervang en die kind se ontwikkelingsfase gebruik as aanknopingspunt ten einde geloofsoordrag te laat plaasvind. Kinders tussen 6maande en 3 jaar neem deel met een of beide ouers teenwoordig.

Hierdie bediening kweek weer die fondasie vir huisgeloof.

Vir meer inligting rakende hierdie bediening kontak gerus vir Dr.Wicus van der Merwe (wicus@constantiakruin.co.za) by Constantiakruin Gemeente

Hierdie bediening kweek weer die fondasie vir huisgeloof.

Gesinsdienste

Jeugbediening @ Live it church

Ons het ‘n gesinsdiens waar gesinne saam in die erediens is. Kinders word in hierdie diens geleer van die Kerklike jaar deur ‘n kerklike jaar wiel. Ons leer hulle lekker groot woorde soos EPIFANIE! 

By hierdie erediens is daar ‘n baie sterk klem op die deelname van kinders in alle aspekte van die erediens. 

Kinders doen die verwelkoming by die deure. 

Elke diens begin met die aansteek van die erediens. Die kerse word deur ‘n gesin aangesteek en daarna bid ons die ONSE VADER. Kinders neem die kollekte om en bid dan daarvoor. 

Die aanbiddingspan, ook kinders (gelei deur Jong volwassenes kom dan vorentoe) om die gemeente is sang te lei. Die Bybelstorie word met die hulp van kinders vertel. Dan preek ek bietjie en ons sluit elke week af met die GELOOFSBELYDENIS. 

Kontak gerus vir Ds. Yolandi Kok (079 354 7902) oor hierdie inisiatief.

Oorslaap by die Kerk

Die jaarlikse oorslaap is ʼn groot treffer onder ouers en kinders. Kinders bring hulle slaapsakke, kussings en peuselhappies en kom geniet ʼn aand van speletjies en fliek kyk by die Kerk.

Die volgende oggend gaan almal weer huis toe.

Kontak gerus Adelle van Rhyn (adelle@rantendalprisma.co.za) by Rant en Dal Prisma Gemeente vir meer inligting.

Vakansieprogram

Die vakansieprogram vind tydens Junie/Julie skoolvakansies plaas. Hierdie is ʼn week waar kinders net weer kan kind wees.

Die dag begin met saam bid, lof en aanbidding, ʼn Bybel les en daarna aktiwiteite wat aansluit by die les.

Gedurende die middag is dit buitespel en die kinders geniet dit om net weer bietjie te kan speel.

Kontak gerus Adelle van Rhyn (adelle@rantendalprisma.co.za) by Rant en Dal Prisma Gemeente vir meer inligting.

Kinder Pinkster

Tydens Pinkster word daar dienste vir kinders aangebied sodat hulle ook iets meer kan verstaan oor hoe die Heilige Gees in die wêreld werk.

Ons gesels saam oor die Kerk se groot werk – hoe om ʼn verskil in die wêreld te maak.

Kontak gerus Adelle van Rhyn (adelle@rantendalprisma.co.za) by Rant en Dal Prisma Gemeente vir meer inligting.